Search the Business Directory

Home arrow Overberg Stories arrow Historiese Anglikaanse kerkgebou brand af
Advertisement

Historiese Anglikaanse kerkgebou brand af PDF Print E-mail

Villiersdorp DamStories van die verlede - Uittreksel uit Die Burger

’n Groot kruis en twee koperkandelare is ál wat behoue gebly het in die historiese Anglikaanse kerk op dié dorp wat Sondag in ’n vernietigende brand verwoes is.
Inwoners het steeds na die kerkterrein van die St. Augustinus-kerk gestroom om na die skade te kom kyk.

Eerw. David Titus, leraar by dié kerk, is op daardie Sondag om 12:45 gebel waar hy op Botrivier woon. Hy het dadelik na die toneel gejaag. “Die kerk was in ligte laaie. Alles is vernietig. Ook die twee orrels. Toe ek daar van Grabouw se kant gery kom, het ek die brand van 15km ver gesien,” het Titus die inferno beskryf.

Gister het uitgebrande Bybels en sangboeke tussen die verkoolde hout gestrooi gelê. ’n Hemelhoë sipresboom buite het tot hoog swart gebrand. Die gesmelte vensters van die kerkgebou getuig van die verskroeiende hitte van die vlamme.

Een van die mense wat na die skade kom kyk het, mnr. Karl Schulz, het gesê die kerkie was dié historiese gebou op Villiersdorp en ’n baken van die dorp. “Almal wou in die kerkie trou omdat dit so mooi was,” het Schulz gesê.

Volgens Schulz het die kerkgebou gegloei soos ’n oond terwyl talle mense magteloos moes toekyk terwyl die brand voortwoed. Niemand is in die brand beseer nie.
“Ons sal seker nooit weer ons geboutjie terugkry nie,” het me. Esmé Vos, wat naby die kerk woon, gesê toe sy gister daar verby¬geloop het.

Mev. Johie Visser, wat al per geleentheid op die ou traporrel gespeel het, het gesê dit was ’n ervaring om op die orrel musiek te maak. “Nou is alles uitgebrand. Dis ’n groot skade vir Villiersdorp,” het Visser gesê.

Mnr. Ian Crabtree, wat reeds wyd navorsing gedoen het oor die geskiedenis van Villiersdorp, het gesê die kerk is in 1859 voltooi en die orreltjie moes ’n ruk daarna gebou gewees het.

Al die oorspronklike eikehoutbalke, -deure en -banke is vernietig. "Dis so ’n geskiedkundige gebou vir die hele Overberg,” het Crabtree gesê. "Van die goed wat vernietig is, is onvervangbaar. Dis jammer, want dis regtig ’n baken wat verlore is.” Die kerk is ook in 1933 herbou toe dit gedeeltelik in ’n brand verwoes is.

In ’n vreemde kinkel het iemand gister ’n brandende sigaret in die sleutelgat gedruk van Crabtree se huis, Oude Radyn, wat in 1844 gebou is kort nadat die dorp se erwe uitgelê is. Dit is die naasoudste huis op die dorp.

 
< Prev   Next >

Newsflash

Do you have an article you would like to submit for publication?

Please email This email address is being protected from spam bots, you need Javascript enabled to view it

 

New Business Listings

Napier Vista
Category: Self Catering
Created: Apr 2, 2012
NJR Begrafnisdienste
Category: Specialty
Created: Apr 2, 2012
PaardenKloof Estate
Category: Wineries/Breweries
Created: Mar 28, 2012
Securisat
Category: Suurbraak
Created: Mar 6, 2012
Blue Mountain Cottage...
Category: Self Catering
Created: Feb 23, 2012
De Villiers Country...
Category: Bed & Breakfast
Created: Feb 23, 2012
Berg-en-Dal Guesthouse...
Category: Bed & Breakfast
Created: Feb 23, 2012
Chichi Di's
Category: Restaurants & Coffee Shops
Created: Feb 23, 2012
Andy's Restaurant and...
Category: Restaurants & Coffee Shops
Created: Feb 23, 2012
Aphrodisiac Shack Deli...
Category: Restaurants & Coffee Shops
Created: Feb 23, 2012
Show more...

Polls

What would you like to see on the site?
 

Top Business Listings


ROOIKRANS BRAAIHOUT /...

Category: Hermanus
Created: Dec 12, 2011


Franskraal Akkommodasie

www.franskraalaccommodat
Category: Gansbaai
Created: Jul 30, 2011


Van Dyk Loots Attorneys

www.vandyklaw.co.za
Category: Legal
Created: Jun 7, 2011


Van Dyk Loots Attorneys

www.vandyklaw.co.za
Category: Hermanus
Created: Jun 7, 2011


JAWITZ PROPERTIES...

Category: Real Estate
Created: May 23, 2011

Show more...

Random Listing

Ikhaya Lakwa Biko

Ikhaya Lakwa Biko

Category: Bed & Breakfast


Kalahari.net Offers