Search the Business Directory

Home arrow Overberg Stories arrow Villiersdorp kry puik gedenkboek
Advertisement

Villiersdorp kry puik gedenkboek PDF Print E-mail

Villiersdorp DamStories van die verlede - uittreksel van Die Burger

Hoewel die NG gemeente Villiersdorp eers in 2008 sy 150ste bestaansjaar vier, het die kerkraad die bekende leraar-skrywer ds. Gert van Lill van Panorama versoek om die geskiedenis van die gemeente te boekstaaf. Die koffietafelboek, Ned Geref kerk Villiersdorp 1858 - 2000, is op Erfenisdag lank ‘n tydjie in die verlede op 'n luisterryke onthaal in die landbousaal op Villiersdorp bekend gestel.

Van Lill is deur die kerkraadskomitee wat met die projek belas was, versoek om die geskiedenis van die hele gemeenskap van Villiersdorp by die projek in te sluit.
Die boek dek dus byna alle sektore in die gemeenskap en is 'n waardevolle bron oor die geskiedenis van die dorp. Van Lill het al soortgelyke publikasies oor Swellendam en Franschhoek die lig laat sien. Die een oor Villiersdorp is sy sesde boek.

Baie van die mense wat by die onthaal was, is afstammelinge van die stigters van Villiersdorp. Een van die eregaste was Sir David Graaff, seun van die bekende politikus Sir De Villiers Graaff, en sy vrou, Sally. Baie ruimte word in die boek gewy aan die familie Graaff se verbintenis met Villiersdorp wat oor baie dekades strek.

By die onthaal is eksemplare van die boek aan Dr. Jacques du Rand, leraar van die NG gemeente Villiersdorp, mnr. Gardiol de Villiers, voormalige meester van die hooggeregshof en oud-Villiersdorper wie se vader hoof was van die Hoërskool De Villiers Graaff, sir David Graaff, mnr. Nic de Wet van die Villiersdorpse Koöperasie, en aan Van Lill oorhandig.

Ook is 'n eksemplaar aan elk van die ses skole in die Villiersdorpse distrik, die Villiersdorpse munisipale biblioteek, die Junior Rapportryers en die Tafelronde geskenk.

Dr. P. le Roux, wat die oorhandiging waargeneem het, het gesê die rol van die kerk loop soos 'n goue draad deur die geskiedenis van die dorp, die distrik en sy mense. Van Lill het gesê die navorsing en skrywe van die boek was vir hom 'n verrykende ervaring. Villiersdorp se ryk historiese geskiedenis kan gerus verder ontgin word.

Die dorp is in 1843 gestig nadat veldkornet Pieter de Villiers, die eienaar van die plaas Radyn, in 1841 by die Kaapse goewerneur aansoek gedoen het om 'n dorp op 'n deel van sy plaas uit te lê. De Villiers se motivering was dat hy 'n kerk wou bou sodat die inwoners van die wyk beter deur die Woord bedien kon word.

Villiersdorp is in 1843 gestig en die grond is onderverdeel en te koop aangebied, maar die voornemende kopers het geweier om grond te koop alvorens daar 'n kerk was.
Die hoeksteen van die kerk is in 1844 gelê. Tien jaar later is Villiersdorp tot 'n munisipaliteit verklaar.

In sy toestemming tot dorpstigting het die goewerneur gelas dat dit na P.H. de Villiers genoem moes word. De Villiers was 'n man wat hoë morele standaarde gestel het. Uit sy huwelik met Catharina Helena Minnaar is ses kinders gebore. Die sesde kind, Anna Elizabeth, is later met Petrus Novbertus Graaff, 'n werknemer van haar pa, op die plaas Wolfkloof getroud.

Uit die huwelik is David P. de Villiers Graaff gebore. Hy was 'n invloedryke man en weldoener van die onderwys, die kerk en die gemeenskap van Villiersdorp en ook die NG gemeente van die dorp. Die laer- en hoërskole op die dorp is later na die familie De Villiers Graaff genoem.

 
< Prev   Next >

New Business Listings

Napier Vista
Category: Self Catering
Created: Apr 2, 2012
NJR Begrafnisdienste
Category: Specialty
Created: Apr 2, 2012
PaardenKloof Estate
Category: Wineries/Breweries
Created: Mar 28, 2012
Securisat
Category: Suurbraak
Created: Mar 6, 2012
Blue Mountain Cottage...
Category: Self Catering
Created: Feb 23, 2012
De Villiers Country...
Category: Bed & Breakfast
Created: Feb 23, 2012
Berg-en-Dal Guesthouse...
Category: Bed & Breakfast
Created: Feb 23, 2012
Chichi Di's
Category: Restaurants & Coffee Shops
Created: Feb 23, 2012
Andy's Restaurant and...
Category: Restaurants & Coffee Shops
Created: Feb 23, 2012
Aphrodisiac Shack Deli...
Category: Restaurants & Coffee Shops
Created: Feb 23, 2012
Show more...

Polls

What would you like to see on the site?
 

Top Business Listings


ROOIKRANS BRAAIHOUT /...

Category: Hermanus
Created: Dec 12, 2011


Franskraal Akkommodasie

www.franskraalaccommodat
Category: Gansbaai
Created: Jul 30, 2011


Van Dyk Loots Attorneys

www.vandyklaw.co.za
Category: Legal
Created: Jun 7, 2011


Van Dyk Loots Attorneys

www.vandyklaw.co.za
Category: Hermanus
Created: Jun 7, 2011


JAWITZ PROPERTIES...

Category: Real Estate
Created: May 23, 2011

Show more...

Random Listing

Brunia Wines

Brunia Wines

Category: Wineries/Breweries


Kalahari.net Offers