Search the Business Directory

Newsletter

Subscribe to our Newsletter and receive one monthly e-mail with news updates and special offers.

Name
E-mail
Subscribe
Unsubscribe
Home

Hermanus Times Kalfiefees PDF Print E-mail

Die Hermanus Times Kalfiefees val vanjaar sommer vroeg in Augustus al weg met ’n wye verskeidenheid van produksies wat in iedereen se smaak sal val.

Hermanus Times Kalfiefees
Hermanus Times Kalfiefees: 8 - 13 Augusuts 2006


Omdat die vakansiedag, Vrouedag, vanjaar in die middel van die week val, begin die fees reeds op Dinsdagaand, 8 Augustus, en duur tot Sondagaand, 13 Augustus.

Met die vooruitsigte van ’n moontlike kouer winter as gewoonlik gepaard met kragonderbrekings val die klem vanjaar sterk op humor en komedie.

Die fees begin met Die Tafel, ’n kykie na hoe die huwelik oor die jare sy nogal snaakse loop kan neem. Pedro Kruger en Marion Holm, nou reeds ’n gedugte span, speel hierin onder leiding van Hennie van Greunen. Marion sit die volgende dag die pret voort met haar nuwe produksie Braaivleis, Rugby, Sunny Skies en. . . Sussie!

Besoek die Kalfiefees Webwerf vir meer besonderhede: http://www.kalfiefees-hermanus.co.za .  


Leon Kruger kom lewer ook weer ’n bydrae, hierdie keer met Suuurgat. En Pedro steek ook nie lyf weg nie. Hy kom met’n splinternuwe verwerking van sy trefferstuk Lyf.

’n Hoogtepunt is die komedie Art of Charf, die nuwe stuk van Paul Slabolepszy met Elize Cawood en Wilson Dunster. Die regisseur is Bobby Heaney. Dit is voorwaar ‘n treffer.

Nog ’n treffer is die Francois Toerien Show wat die lagspiere behoorlik prikkel. Eric Nobbs is vanjaar weer eens hier, hierdie keer met ’n nuwe stuk van Deon Opperman, Die wederopstanding van Japie Coetzee.

Opperman het vanjaar die Hertzogprys gewen vir onder andere Boetman, my seun wat verlede jaar hier te sien was. Nog ’n nuwe stuk is dié van Athol Fugard, naamlik Booitjie and the Oubaas met Marius Weyers in die hoofrol en Janice Honeyman, nou ook ’n inwoner van hierdie kontrei, as regisseurse. Van Janice kom daar ook die heerlike WAM (Wolfgang Amadeus Mozart), ’n stuk vir kinders met oorspronklike musiekverfwerkings en Nicole Holm en Leon Kruger onder andere in die hoofrolle. Die regisseuse is die alombekende Juanita Swanepoel. ’n Besondere voorreg is die premiére van ‘n nuwe stuk deur Wilna Snyman met Deon Opperman as regisseur. Die naam van die stuk is nog nie bekend nie, maar daar word oraloor uitgesien daarna om weer hierdie doyenne van die verhoog in lewende lywe te sien en nie op TV nie.

Daar is ook vanjaar meer klem op laataand-musiek. ‘n Groot verrassing wag om later bekend gemaak te word. Intussen het die Pasella-aanbieder Charleen Truter reeds ingestem om te kom sing, asook Emile Minnie, en die nuwe jong hartebreker Philip de Villiers. Op die gebied van ernstige musiek kom Zorada Themming met The Hunchback of Nortre Dame, ’n orreluitvoering wat ’n mens se asem wegslaan en haar ook vanjaar by die KKNK ’n spesiale Kanna-prys besorg het.
 
< Prev   Next >

Newsflash

Do you have an article you would like to submit for publication?

Please email This email address is being protected from spam bots, you need Javascript enabled to view it

 

New Business Listings

Mirre & Kaneel...
https:/...
Category: Alternative
Created: Jun 2, 2023
Benguela Cove Lagoon...
Category: Hermanus
Created: Feb 14, 2023
SunAway Shade
Category: Businesses
Created: Feb 14, 2023
Swellendam Local...
Category: Swellendam
Created: Feb 14, 2023
Stanford Tourism
Category: Stanford
Created: Feb 14, 2023
Poplar House
Category: Self Catering
Created: Dec 13, 2021
J. Paulsen Attorney
Category: Gansbaai
Created: Jun 7, 2021
Hermanus Physio
https:/...
Category: Hermanus
Created: Dec 23, 2019
Saps Swellendam
Category: Swellendam
Created: Sep 4, 2019
Simon's Rooikrans Wood
Category: Hermanus
Created: Aug 16, 2019
Show more...

Polls

What would you like to see on the site?
 

Top Business Listings


Gretha Quinlan Studio...

Category: Art Galleries
Created: Feb 7, 2014


K Imaging

Category: Photography
Created: Feb 7, 2014


Overberg Design

Category: Grabouw/Elgin
Created: Feb 7, 2014


Autotech & CEO...

Category: Vehicles & Vehicle Services
Created: Feb 7, 2014


Storyline Studio

www.storylinestudio.co.z
Category: Greyton
Created: Mar 14, 2013

Show more...

Random Listing

Gous Joinery

Gous Joinery

Category: Wood