Search the Business Directory

Newsletter

Subscribe to our Newsletter and receive one monthly e-mail with news updates and special offers.

Name
E-mail
Subscribe
Unsubscribe
Home

NG Kerk Grabouw Basaar bied buitelug familiefees PDF Print E-mail

Image 5 November 201

Oud en jonk kan hulle vere regskud vir ‘n bobaas kuier in die hart van die appelkontrei, wanneer die NG Gemeente Grabouw sy jaarlikse Basaar gaan hou wat sal sorg vir ‘n lui-lekker buitelug familiefees op Saterdag, 5 November 2011.

Die Basaar, wat vanjaar op die kerkterrein plaasvind, bied ‘n kaleidoskoop van kos en vermaak met sy gesellige, sentrale Kuiertent wat ieder en elk uitnooi om die dag saam met vriende en familie te kom geniet. Hier sal die bekende plaaslike musikant, Gian Groen, jou in die regte stemming kry vir ‘n skoene-uitskop geselligheid, met so ‘n paar van sy jongste treffers vanaf sy nuwe CD, Stilte Tyd.

Al rondom die tent sal besoekers kan kies en keur uit ‘n watertand-keurspel van kosstalletjies terwyl die wynstalletjie van die area se beste kelderskatte sal aanbied. Hoekom jou dan nou afsloof in die kombuis as die Basaar kan omsien na middag- en aandete met spesiale braaipakke wat jy en jou gesin sommer daar en dan op die kole kan gooi en geniet.

 

 

 

 ‘n Groot trekpleister by vanjaar se Basaar is die Plaasmark met sy plaaslike produkte en eiesoortige, lekkerbek snuisterye – dit is die ideale toevlug vir diegene wat solank vroegtydig hul kersgeskenke wil koop.

Vir soete-saligheid sal jy ook die smullus in die Teetuin kan sus waar tafels sal kreun onder die lekkerste tuisgebak soos in ouma-se-dae.

Die jongspan kan uitsien na vaatjies vol pret insluitende ‘n springkasteel, gesigverf, skyfskiet en ‘n ‘Photo Booth’ waar Mamma en Pappa saam met die kroos fotos sal kan neem.

WEN WEN WEN – Die NG Gemeente Grabouw nooi vanjaar ook mense buite sy gemeente uit om te deel in die genot van hierdie familiefees deur middel van hul gawe om te gee – hetsy dit produk- en kosskenkings of finansiele bydraes is.

Inruil vir jou bydraes staan jy die kans om groot pryse op die dag van die Basaar te wen insluitende ‘n kaas-en-wyn sonsakvaart vir jou en nege vriende by Mofam River Lodge buite Grabouw; twee skaapboude, en ‘n Basaar koopbewys van R100.

Die NG Kerk Grabouw Basaar skop af om 10vm met die amptelike prystrekkings om 12vm. Toegang is gratis.

Vir meer navrae oor die Basaar of indien jy jou gawes, donasies of hulp wil verleen skakel vir Antoinette Lötter by 082 879 9224of stuur ‘n epos aan This email address is being protected from spam bots, you need Javascript enabled to view it
 
< Prev   Next >

New Business Listings

Mirre & Kaneel...
https:/...
Category: Alternative
Created: Jun 2, 2023
Benguela Cove Lagoon...
Category: Hermanus
Created: Feb 14, 2023
SunAway Shade
Category: Businesses
Created: Feb 14, 2023
Swellendam Local...
Category: Swellendam
Created: Feb 14, 2023
Stanford Tourism
Category: Stanford
Created: Feb 14, 2023
Poplar House
Category: Self Catering
Created: Dec 13, 2021
J. Paulsen Attorney
Category: Gansbaai
Created: Jun 7, 2021
Hermanus Physio
https:/...
Category: Hermanus
Created: Dec 23, 2019
Saps Swellendam
Category: Swellendam
Created: Sep 4, 2019
Simon's Rooikrans Wood
Category: Hermanus
Created: Aug 16, 2019
Show more...

Polls

What would you like to see on the site?
 

Top Business Listings


Gretha Quinlan Studio...

Category: Art Galleries
Created: Feb 7, 2014


K Imaging

Category: Photography
Created: Feb 7, 2014


Overberg Design

Category: Grabouw/Elgin
Created: Feb 7, 2014


Autotech & CEO...

Category: Vehicles & Vehicle Services
Created: Feb 7, 2014


Storyline Studio

www.storylinestudio.co.z
Category: Greyton
Created: Mar 14, 2013

Show more...

Random Listing

Sharklady Adventures

Sharklady Adventures

Category: Adventure