Search the Business Directory


Fall in love at Greyton Rose Fair PDF Print E-mail
ImageThe theme for this year's Greyton Rose Fair, on 31 October and 1 November, is 'Falling in love with Greyton - the village of romance'.
Greyton is famous for her roses - white rosa laevigata (locally known as the dog rose) delicate salmon crepuscule, white and yellow banksias as well as the free-flowering pink/mauve Greyton rose.
So, it is appropriate that every October, Greyton celebrates her beauty in an annual Rose Fair.
The Greyton Rose Fair has now become an established event on the annual calendar. Members of the Seniors' Club are still the main organisers of the festival, inspired and motivated by the indefatigable octogenarian oom Sakkie Buys.
During the Rose Fair, Greyton offers renowned Overberg hospitality – for more information contact Greyton Tourism 028-254 9414.


Rose sal weer blom vir Roosfees

Greyton se Roosfees vind vanjaar tussen 31 Oktober en 1 November plaas.
Soos gewoonlik beloof die stalletjies 'n hoogtepunt te wees en besoekers kan gerus 'n draai maak by die handgemaakte glaswerk en handgeverfde glasware.
Verskeie kwekerye sal plante en blomme aanbied waaronder 1 000 roosbome van Duncans Roses, sowel as eksotiese vrugteboom plantjies.
Vir die soettand en kos-soekers sal daar meer as genoeg wees: Potjiekos, Snoekbraai, Hoender braai-porsies, en natuurlik soos gewoonlik die kersie op die koek: die Seniors se stalletjie se Boerewors rolle, Spek en eierrolle vir ontbyt (vir die wat van ver kom), Gemmerbier en Pannekoek.
Gaan proe gerus ook hoe smaak Lappiesland se heuning en Concordia en Happy Valley se kaas.
Aangesien die roosuitstalling hierdie jaar in die groter NG Kerksaal plaasvind word daar in die Anglikaansesaal kinderkuns en toepaslike kinderprogramme aangebied. By die Uitkyk skoolsaal sal 'n fondsinsamelings-konsert ten bate van die Rooikruis aangebied word.
Oom Sakkie Buys is vanjaar vir die 18de jaar by die Roosfees betrokke. Hierdie jaar is hy meerendeels by die kunsvlytafdeling betrokke.
Deel van die program vir kinders behels ‘n blomrangskikking-kompetisie asook ‘n kunskompetisie. Skakel gerus die toerismekantoor by  028-254 9414 vir die volledige program.
 
< Prev   Next >