Search the Business Directory


Baie te doen en sien by Agri Megaweek PDF Print E-mail
Vanjaar se Agri Megaweek word vanaf 15 tot 18 September by Agri Mega Park op Bredasdorp gehou en is vir almal in die kleingraan-, suiwel- en veebedryf van ontskatbare waarde.
Dit is 'n uitstappie wat aanbeveel kan word vir die gewone gesin op straat en produsente kry die geleentheid om met die jongste tegnologie, masjinerie en implemente kennis te maak.
Vanjaar se tema is
'Die toekoms is nou'. Hoogtepunte sluit in: die nasionale kampioenskap vir skaapskeer en wolhantering; RSG se Praat Saam met omroeper Freek Robinson wat  regstreeks van Agri Mega Park uitgesaai word. 'n Graandebat, 'n konferensie vir opkomende boere en een vir plaaswerkers, asook werksessies oor suiwel, gars en kanola, behoort groot aftrek te kry.
Agri Megaweek fokus vanjaar veral op die suiwelbedryf. Nie alleen word die Wes-Kaapse meestersuiwelboer-kompetisie in die week beslis nie, maar ook die nasionale jersey kampioenskapkompetisie wat aangebied word.
Voorts word die Wes-Kaapse ayrshire-kampioene aangewys, en word die kompetisie om die 'Queen of the Expo' aangebied. Dié interras-suiwelbees kompetisie is uiters gewild.
Nog vermaaklike aktiwiteite waarna uitgesien kan word is die Wes-Kaapse boeremusiekkompetise en die informatiewe bierproe sessies wat SA Brouerye aanbied.
Die bekendstelling van 'n unieke toerismeroete in die Overberg wat spesifiek op die wolbedryf fokus, kom ook aan die beurt.
Verskeie stylvolle leefstylprogramme vir vroue word ook aangebied.
Besoek Agri Mega se webtuiste by www.agrimega.co.za of bel 028-424 2890
 
< Prev   Next >