NG Kerk Grabouw Basaar bied buitelug familiefees |
5 November 201
‘n Groot trekpleister by vanjaar se Basaar is die Plaasmark met sy plaaslike produkte en eiesoortige, lekkerbek snuisterye – dit is die ideale toevlug vir diegene wat solank vroegtydig hul kersgeskenke wil koop. Vir soete-saligheid sal jy ook die smullus in die Teetuin kan sus waar tafels sal kreun onder die lekkerste tuisgebak soos in ouma-se-dae. Die jongspan kan uitsien na vaatjies vol pret insluitende ‘n springkasteel, gesigverf, skyfskiet en ‘n ‘Photo Booth’ waar Mamma en Pappa saam met die kroos fotos sal kan neem. WEN WEN WEN – Die NG Gemeente Grabouw nooi vanjaar ook mense buite sy gemeente uit om te deel in die genot van hierdie familiefees deur middel van hul gawe om te gee – hetsy dit produk- en kosskenkings of finansiele bydraes is. Inruil vir jou bydraes staan jy die kans om groot pryse op die dag van die Basaar te wen insluitende ‘n kaas-en-wyn sonsakvaart vir jou en nege vriende by Mofam River Lodge buite Grabouw; twee skaapboude, en ‘n Basaar koopbewys van R100. Die NG Kerk Grabouw Basaar skop af om 10vm met die amptelike prystrekkings om 12vm. Toegang is gratis. Vir meer navrae oor die Basaar of indien jy jou gawes, donasies of hulp wil verleen skakel vir Antoinette Lötter by 082 879 9224of stuur ‘n epos aan This email address is being protected from spam bots, you need Javascript enabled to view it |