Search the Business Directory

Home arrow Business Directory arrow Gansbaaiarrow Things to see & doarrow Attractionsarrow Historical

Business Directory
Strandveld MuseumFeatured

Frikkiesbaai,
7220, Franskraal,
Western Cape,
South Africa
Telephone: +27 (0)28-388 0218 or 082 255 8509
E-mail: sdfourie@telkomsa.net

Die Strandveld Museum nestel knus in die boog van Frikkiesbaai by Franskraal met die Voëlsteeneiland vlakby en Dyerseiland verder agter op die horison. Die klein, ouderwetse huisie met sy blitswit mure, groen spitsdak en skuifraamvensters was tot in die laat vyftigerjare die woonplek van Dyerseiland se hoofman  en gesin as hulle wal toe kom.
Ongeveer ses jaar gelede het Jan en SD Fourie 'n privaat museum hier gevestig. Jan en SD is beide kontreiskrywers, passievol oor hul streek, die mense en sy geskiedenis en is storievertellers by uitstek. Jan beman die museum, SD doen bemarking en is reeds landwyd bekend vir hul Spoke en Legende Toere. SD is ook 'n toergids en spesialiseer veral in kultuur historiese toere.

Die klein museum is 'n skatkis vol inligting en artefakte oor die Strandveld en sy geskiedenis. Veral die Birkenhead relieke is 'n groot aantrekkingskrag. Dit is die grootste versameling in privaat besit. Foto’s oor die Gansbaai van weleer pryk teen die mure, skuitkiste met bloedlyn, Keeskatrol aan 'n bamboesstok tot werktuie van die Khoisan maak deel uit van ‘n baie interessante versameling. In die slaapkamer is 'n outydse koperbed met bulsak, haelwit geborduurde beddegoed van honderd jaar gelede en die kombuisie is ingerig met 'n Doverstoof in die vuurherd tot 'n allemintige kreef in een van die U.G.G.I potte.

Die museum ontvang geen befondsing nie en die Fouries onderhou self die merkwaardige versameling uit die streek. Die innoverende fondsinsamelingsprojekte maak die museum uniek en lewend.

Toegang is R5 p/p en kinders is gratis. Groepe word op afspraak ontvang.

Print


Listing Information
Hits: 6795
Added: 2006-10-26 11:58:32
Last updated: 2007-05-31 16:56:17